Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Op 1 September 1999 het Gastão's Quality Foods in sy kinderskoene gestaan met slegs vier toegewyde siele aan die stuur van sake.
Vandag, 20 jaar later en steeds by dieselfde adres in Gerickestraat Voorbaai, lyk sake gans anders en bied hierdie suksesvolle onderneming werk aan 38 werknemers. Nie minder nie as 14 van hierdie werknemers werk al meer as 10 jaar vir die onderneming, 'n getuigskrif daarvan dat hierdie unieke familiebesigheid se spreekwoordelike huis, beslis in orde is. Sommige is selfs familie van mekaar, met ouers wie se kinders nou ook deur die onderneming in diens geneem word.
Volgens Thereza de Nobrega, is Gastão's se wenresep hulle vriendelike span wat goeie diens lewer, asook kwaliteit produkte teen 'n kompeterende prys. Hulle glo in werkskepping en om gesonde, volhoubare verhoudings met hulle werknemers en kliënte te bou.
Destyds het Gastão's met 'n nederige 18 produklyne begin. Vandag is daar 'n indrukwekkende 2 000 en Gastao's maak gebruik van 143 verskaffers.
Produkte word kuslangs afgelewer aan kliënte vanaf Swellendam tot in Plettenbergbaai. Ladismith is onlangs op die roete ingesluit. "Ons het ook kliënte in Kaapstad en Hermanus, tot sover as Graaff-Reinet."
Gewilde ekspo
Verlede week op 26 September, het Gastao's hulle gewilde ekspo in die Mosselbaai-stadsaal aangebied. Tydens hierdie feestelike geleentheid, wat al 'n instelling op die koskalender in Mosselbaai geword het, bied Gastão's 'n platform vir 'n groot verskeidenheid verskaffers om hulle produkreekse aan die publiek en ook aan die handel bekend te stel.
Die nimlike sjef Francois Ferreira was vanjaar weer die programleier en het met sy kenmerkende sjarme seker gemaak dat die ekspo-besoekers hulleself gate uit geniet. Ferreira en ander plaaslike sjefs het kosdemonstrasies aangebied wat die monde laat water het en 'n paar nuttige wenke is beslis terug huis toe geneem.
Besoekers aan die ekspo se toegangskaartjies het hulle in aanmerking gebring vir aantreklike pryse wat later die dag deur middel van gelukstrekkings onder luide toejuiging toegeken is.
Besoek Gastão's Quality Foods in Voorbaai vir verskeidenheid en kwaliteit. Kontak Gastão's (044 695 0176) vir navrae of stuur e-pos na sales@gastaosfoods.co.za
Meer inligting is beskikbaar by www.gastaos.co.za
Besigheidsure: Maandag tot Vrydag 08:00-17:00 en Saterdag 08:00-13:00
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'