Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Garden Route Funeral Services (GRFS) het sy offisiële opening op Saterdag, 4 Maart in Blandstraat, Mosselbaai gehou.
Verskeie rolspelers en hooggeplaastes van Mosselbaai het die spoggeleentheid bygewoon. Onder die gaste was verteenwoordigers van tehuise vir bejaardes en hospitale, gesondheidswerkers, geloofsgebaseerde leiers en nooddienswerkers.
GRFS is die breinkind van 'n Mosselbaaier en argitek, Sonika Weston en 'n uitgetrede professor, Dr Hermann Strydom.
Weston het die gebou wat uit die 1800's dateer, met haar fyn oog en kreatiewe denke na 'n asemrowende kapel omskep. 'n Kis word na afloop van die diens afgesak, sodat rouklaers dieselfde afskeid en finaliteit kan ervaar as by 'n begrafnis.
GRFS was al die gasheer vir verskeie byeenkomste, onder meer vir die burgemeester en direktoraat van gemeenskapsdienste se betrokkenheid by geloofsgebaseerde leierskap.
Mosselbaai se burgemeester, Dirk Kotzé het tydens sy toespraak Strydom en Weston geloof vir die betekenisvolle impak wat hulle besigheid op die lewens van Mosselbaaiers maak.
In sy verwelkomingstoespraak het die medestigter van GRFS, Dr Strydom gepraat oor visioenêre leierskap en hoe dit visie op verskeie maniere omvat - terugskouing, oorsig, insig en versiendheid insluit.Hy het daarop gewys dat gemeenskappe 'n verpligting het om ondersteuning aan leiers te bied en hulle hande te versterk.
Die gasspreker en ambassadeur vir GRFS, die gesoute akteur Zane Meas, het 'n inspirerende boodskap gedeel oor nalatenskap.
Om 'n geliefde aan die dood af te staan, is een van die pynlikste verliese wat jy kan ervaar.
Die bekwame span ondersteun rouklaers en lewer 'n diens wat so uniek is soos die lewe wat herdenk word.
Die volgende borge word bedank: Spur Mosselbaai, Big Daddy's, CP Roasters, Jenny Vivier van Suntan Piggery, Hyperbaric Sport and Beauty, Bulbi Health, Salt & Copper, Pamper D, D studio, All flowers, Rustic Joe, Cherie - The Wellness Studio, Evoluer Beauty Studio, Picasso's, De Jagers, Garden Route Casino, Botlierskop en Europcar.
Kontak GRFS 24 uur per dag by 044 285 0996 of besoek hulle weeksdae (09:00 tot 17:00) by Blandstraat 75 op Mosselbaai. Besoek die webwerf vir meer inligting www.grfs.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'