Advertorial
SAKENUUS - Van Renen Finansiële Dienste kondig met trots aan:
- Ons is op 1 Maart 2020 tien jaar in besigheid.
- Ons visie om 1-stop finansiële dienste aan te bied, is grotendeels verwesenlik.
Die besigheid is oorspronklik gestig deur JD van Renen om rekenkundige- en belastingdienste, asook finansiële beplanning aan ons kliënte te bied.
Met die groei van die onderneming het ons gediversifiseer deur die rekenkundige- en belastingdienste vanaf 1 Maart 2014 te laat funksioneer as 'n aparte entiteit, bekend as Burger Van Renen Accountants (Pty) Ltd.
Op 1 Februarie 2016 het hierdie maatskappy die rekeningkundige praktyk van wyle mnr Johan Barnard oorgeneem wat ons kliëntebasis verbreed het.
Mnr Francois Burger, wat sy klerkskap by ons voltooi het, is as mede-direkteur van die nuwe maatskappy aangestel en staan tans aan die hoof van die rekeningkundige en belasting-adviesdienste. Ons is ook 'n geakkrediteerde SAIPA- opleidingsentrum vir professionele rekenmeesters.
Mnr JD van Renen fokus dus hoofsaaklik op finansiële beplanning, beleggingsadvies, asook boedelbeplanning en werknemersvoordele.
Ons dienste sluit in lewens- en korttermyn versekering en algemene welvaartbeplanning vir ons kliënte.
Ons beskik oor bekwame en lojale personeel wat ons visie en waardes deel en uit hul pad gaan om uitmuntende diens aan ons kliënte te lewer.
Ons grootste dank gaan egter aan al ons lojale kliënte wat ons so getrou ondersteun het en waarde toegevoeg het tot die groei en opbou van Burger Van Renen Groep. Ons glo en vertrou dat ons ook in die toekoms op jul ondersteuning kan staatmaak.
Enige bestaande en voornemende kliënte is welkom om ons te besoek by ons kantoor in Diaz Office Park, Blok A28, Diasstrand. Ons kontakbesonderhede is 044 695 1670.
Ons strewe is om in die volgende 10 jaar voort te bou op die sukses wat ons tot dusver behaal het.
Uitmuntende diens is ons passie, een-stop finansiële dienste is ons visie en ons kliënte is ons waarborg tot volhoubare sukses.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'