MOSSELBAAI SAKE NUUS - 25 jaar gelede het Wimpie Germishuys saam met sy pa, Willie Germishuys en vrou Anneline Germishuys begin met nog 3 personeellede en slegs die basiese toerusting.
Vandag, 25 jaar later, spog die familiebesigheid met sowat 23 personeel en al die nuutste tegnologie en ervaring wat nodig is om ‘n kwaliteit diens aan Mosselbaai en omliggende areas te voorsien.
CBS Body Works het 11 “approvals” van voertuie wat onder waarborg is om paneelklopper werk uit te voer en werk nou saam met al die versekeringsmaatskappye met wie daar ook deur die jare uitstekende verhoudings opgebou is.
Many positive responses over the years have been received from customers. Mr Anderson had work done and commented the following: “Yes, we were very satisfied with the repair to our car. All the staff we came into contact with, are very efficient and friendly. We will definitely use their services again should we ever need panelbeating done to our vehicles”.
Saam met Wimpie, Willie en Anneline het Hardus en Janeale ook later by die span aangesluit. Daar is 1 personeellid van 25 jaar diens, 1 van 20 jaar diens en verskeie van die personeel wat reeds meer as 10 jaar diens het by CBS Body Works.
Die Germishuys familie wil graag elke kliënt, versekeringmaatskappy en makelaar bedank vir getroue ondersteuning deur die jare. Hul wil ook al die personeellede bedank vir hul getroue diens.
Hulle wil voortbou op goeie diens en sal strewe daarna om by te hou met moderne tegnologie in die bedryf en die toepassing van familiewaarders.
Laaste groot dank aan ons Hemelse Vader!
Die vriendelike gesigte van CBS Bodyworks.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'