Advertorial Video
KLEIN-BRAKRIVIER SAKENUUS - Dokter Leon van Wyk het 'n nuwe praktyk by sy huis in Klein-Brakrivier geopen, waar hy ook reeds vir jare 'n inwoner is. Hy wil graag voortgaan om mense in nood te help en daardeur sy passie uitleef.
Boonop het hy jare se ervaring en 'n strewe om net die heel beste diens aan inwoners te bied.
Hy het voorheen vir meer as 30 jaar in Kroonstad en daarna vir vier jaar in Hartenbos gepraktiseer.
Die Covid-19-pandemie het situasies en omstandighede in die hele wêreld verander en almal moes nuwe planne maak. Dokter Leon het dan ook besluit om sy planne om na Kanada te verhuis, te laat vaar en hier te bly waar die nood groter is.
Hy is geliefd onder inwoners en wil voortgaan om sy puik diens hier aan die gemeenskap te lewer.
Kyk 'n video hieronder:
Hy is 'n familie-tandarts en spesialiseer in alle fasette van tandheelkunde, waarvan hy hom veral toespits op noodbehandeling.
Hy bring ook ander spesialisteitsdienste in soos onder meer skoonmaak van tande, kunsgebitte, wortel-kanaalbehandeling, kroon- en brugwerk, ortodonsie en inplantate.
Die praktyk hanteer ook mediese fonds-eise en is in Beyerstraat 23, Klein-Brakrivier geleë.
Die naam van dr Van Wyk se praktyk is nie verniet 'Dentist@Kleinbrak-on-Sea' nie. Die praktyk is geleë regoorkant die Klein-Brakriviermond en het 'n pragtige uitsig oor die see. Pasiënte kan dus die stil en ontspanne omgewing geniet onderwyl hulle behandel word.
Maak 'n afspraak deur 082 566 0970 te skakel en laat gerus 'n boodskap indien hy nie beskikbaar is nie.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'