Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Dieselfde betroubare praktyk, maar met nuwe bloed.
Dokter Lerika Mouton het in September vanjaar by die tandartspraktyk van dr Ronald Lareman aangesluit op die hoek van Kerk- en Hoogstrate (Hoogstraat 109) in Mosselbaai Sentraal.
Dokter Mouton is egter nie 'n nuwe naam in die omgewing nie. Sy het al vir sowat vier jaar uitgehelp as locum by verskeie praktyke op Hartenbos sowel as Mosselbaai. Sy geniet veral kosmetiese tandheelkunde.
Wat ervaring betref, strek dr Lareman se loopbaan oor 34 jaar. Die afgelope 20 jaar daarvan was by dié praktyk. Hy sê hy geniet alle aspekte van tandheelkunde, nou ook pynterapie deur middel van lasertegnologie.
Beide dokters streef daarna om 'n gemaklike en rustige omgewing vir hul pasiënte te skep waar hulle hul ervaring positief kan beleef - dit geld natuurlik vir ouer én jonger pasiënte.
Of jy nou voorkomend wil optree of iets het wat herstel of behandel moet word, dié dokters is daar vir jou. Die praktyk se logo beeld onder andere gesondheid uit en dít begin in die mond.
Verskeie behandelingopsies en dienste sluit onder meer die volgende (in leketerme) in:
- ondersoek
- skoonmaak
- bleiking
- stopsels
- ekstraksies
- kunsgebitte
- wortelkanale
- kroon- en brugwerk
- knersplaatjies en mondskerms
- ortodonsie
Vir afsprake, kontak die praktyk op 044 690 4444. Besigheidsure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00. Daar is ook 'n webtuiste in wording by http://mdesign.co.za/dental.htm
Hulle sal ook gedurende die komende vakansie seisoen na-ure beskikbaar wees vir noodgevalle.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’