Advertorial
TUINROETE NUUS - 'n Nuwe wêreldklas mediese sentrum in Danabaai is een van die nuutste toevoegings tot 'n groeiende Mosselbaai-gemeenskap. Eienaars, Chris en Yolandi Schlebusch open die CY mediese en kosmetiese sentrum op 1 November.
Die moderne gebou is oorkant die vulstasie in Malvaweg geleë.
Die Schlebusch-egpaar bring dienste wat bekendes al lankal wêreldwyd van gebruik maak na inwoners en vakansiegangers in Mosselbaai.
Die mediese sentrum bestaan uit 'n luukse koffiewinkel waar besoekers op lemmetjiegroen banke hulself kan tuismaak en topgehalte koffie en kos bestel.
Die koffiewinkel, Lulu's Cafe is na die Schlebusch egpaar se geliefde hond vernoem en is nie net vir besoekers aan die sentrum oop nie, maar ook vir die publiek. Die sentrum bied ook die dienste van 'n mediese dokter en beskik oor 'n laboratorium.
Dialise word ook by die sentrum uitgevoer en daar is 'n kliniek waar mediese inspuitings vir die behandeling van plooie sowel as 'n afdeling waar IV-terapie aangebied word. IV-terapie is binneaarse terapie en verskillende middels word deur middel van 'n drup toegedien.
CY mediese en kosmetiese sentrum bied onder meer 'n vitamien- en energiedrup aan en daar is agt verskillende tipe druppe wat besoekers van kan kies.
Wat hierdie sentrum so uitsonderlik maak, is die diens. Die sentrum is smaakvol versier en prikkel besoekers se sintuie. Nie net slaan die binnenshuise versiering jou asem weg nie, maar daar is selfs 'n spesifieke reuk wat besoekers te wagte van kan wees.
Die vertrek waar die IV-terapie aangebied word, beskik oor luukse leerstoele waarin besoekers tydens die ontvangs van 'n drup kan teruglê en 'n massering ontvang. Die vertrek is verwelkomend en besoekers kan na musiek luister terwyl die drup toegedien word.
"Ons wil dit 'n aangename en persoonlike ervaring maak," sê Yolandi. Boonop sluit die gebruik van 'n drup eers 'n besoek aan die mediese dokter in.
'n Privaat funksie by die sentrum vind op Vrydag 4 November plaas en twee bekende Suid-Afrikaanse sangers asook sleutelspelers in die bedryf sal die geleentheid bywoon. Chris sê hulle het 'n deeglike impakstudie gedoen, voordat hulle op Danabaai as ligging besluit het.
"Dit is die naaste aan Stilbaai en Herbertsdale en ook die naaste aan die dorp. Vakansiegangers kan maklik op die hoofweg tot hier ry."
Besoekers kan hulself tuismaak in die koffiewinkel waar smaaklike drankies en kos bedien word.
Die sentrum sal 'n verskeidenheid spesiale dienste aan inwoners lewer, soos om 'n bussie te verskaf wat inwoners by hulle huise kan gaan haal en weer na afloop van 'n besoek tuis aflaai.
Daar sal ook verdere mediese dienste, soos die van 'n fisioterapeut en 'n biokinetikus wees. "Ons is baie opgewonde oor die toekoms van die sentrum en nooi inwoners in die Tuinruite uit om ons te besoek," sê Chris.
Besoek die mediese sentrum in Malvaweg 4 of kontak hulle by 044 250 5000 of besoek die webwerf by www.cycm.co.za
Die CY mediese en kosmetiese sentrum is in Malvaweg in Danabaai geleë.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'