Sponsored Content
SAKENUUS - Die eienaars van Coffee@Work, Hennie en Soney Muller, sê die koffiewinkel is gebore uit 'n behoefte wat Hennie geïdentifiseer het.
Hulle kon nooit net vinnig êrens iets gesond en in die verbygang kry om te eet nie, en het daar en dan besluit om self so plek oop te maak.
Hulle het klein begin en oor die afgelope paar jaar lekker uitgebrei om 'n bietjie meer sitplek te verskaf en ook die opsie van aflewering diens te bied.
Soney sê hulle het beslis hul eie oorspronklike verwagtinge oortref, maar soos die jare aangaan droom 'n mens al hoe groter, so wie weet wat die toekoms inhou?
Coffee@Work span is ook verlede jaar gedurende die Best of Mosselbay aangewys as die beste koffiewinkel op die dorp, en Soney sê dit is beslis te danke aan al die hande in hulle onderneming. “Dit is 'n span, en nie net ek en Hennie nie.”
Coffee@Work is al die laaste 10 jaar 'n baken in Mosselbaai vir goeie kwaliteit koffie met vriendelike en vinnige diens.
Vanaf 'n heerlike “sit down” ontbyt wat daagliks bedien word tot 11:30, tot en met ietsie gesonds om in die hardloop te geniet. Ons lewer selfs vir jou af by jou kantoor of huis vir jou gerief.
Kom besoek ons gerus vir vriendelike en vinnige diens.
- WhatsApp: 061 958 8445
- 65 Marsh Straat
- Maandag-Vrydag 07:00 – 15:00
- Saterdae: 07:00 – 12:00
- www.facebook.com/coffeemosselbay
Klik hier om vir Coffee@Work te stem in die Best of Mossel Bay leserskeusetoekennings: https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/best-of-mossel-bay-vote/
Foto verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’