Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Chas Everitt Suid-Kaap het in die laaste 10 jaar meer vermag as wat baie ander eiendomsmaatskappye nie in ’n leeftyd kan doen nie.
Charles de Kock, konsessiehouer en prinsipaal van Chas Everitt Suid-Kaap het as ’n jong ongetroude boerseun en entrepreneur die kans gewaag en eiehandig, saam met een agent, Chas Everitt Suid-Kaap op 1 November 2015 vanuit sy huis in Swellendam begin.
Hy het daarna ’n perseel in Swellendam, wat op daardie stadium ’n gastehuis was, gekoop en dit omskep in die hoofkantoor van die snelgroeiende Chas Everitt Suid-Kaap.
Die kantoor en konsessie is amptelik op 1 Maart 2016 geopen en op daardie stadium het kantore alreeds in Barrydale, Riversdal en Albertinia geopen.
’n Jaar later het hy die Stilbaai-kantoor begin met Jeanne Hamman, wat tot vandag die markleier in Stilbaai is.
In dieselfde jaar het hulle kantore oopgemaak in Ladismith en Caledon.
In Maart 2019 het hy die bestaande Chas Everitt-konsessie in Mosselbaai oorgekoop en tot vandag het hy talle lojale agente en personeel in Mosselbaai, tot diens van die breë Mosselbaai area tot in Glentana.Barry Davies, bedryfshoof van Chas Everitt Internasionaal, het sy kennis van kunsmatige intelligensie met die teenwoordiges gedeel.
In 2020 het Covid die industrie vir ’n kort tydperk ontwrig, maar tydens die inperking het hy in April van daardie jaar die voorreg gehad om hande te vat met Janka Niemand en Antoinette du Toit van Oudtshoorn, ’n Chas Everitt-kantoor, wat op daardie stadium al bykans 12 jaar in besigheid was.
Sodoende kon hy sy area vergroot vanaf De Rust, deur Oudtshoorn met die R62 langs tot by Barrydale, deur die Tradouwspas Swellendam toe en vandaar met die N2 langs tot by Glentana.
Charles sê spottend, tydens hul jaarlikse glansgeleentheid die afgelope naweek, dat hy nou vir 10 jaar lekker geleer het en nou eers gaan begin groei.
Daar was heelwat hoogtepunte, maar ook laagtepunte, waardeur hy net sterker aan die ander kant uitgekom het. Hulle is gereed en gerat om van diens te wees aan verkopers, kopers, beleggers en huurders vir baie jare wat kom.
Om alles te vier en die jaar behoorlik af te sluit het Charles sy hele groep in Jongensfontein bymekaar gebring vir die naweek en lekker fees gevier.
Met die Suid-Kaap Forum op elke tafel is die span gereed vir die opleidiongsessie by Privelistia, hoog bokant Jongensfontein.
Vrydagaand het hulle saam gebraai, ten spyte van die woeste wind, en Saterdag was daar ’n opleidingsessie met verskeie diensverskaffers.
Saterdagaand was die formele toekenningsgeleentheid, by die pragtige Privelistia met sy mooi uitsig oor Jongensfontein en die see.
Tydens hierdie geleentheid is almal vereer vir hulle harde werk.
Dassie het as gaskunstenaar opgetree.
Heel gepas het Jeanne Hamman van Stilbaai weggestap met die toekenning as Diamant eiendomspraktisyn in die Chas Everitt Suid-Kaap groep en Anthea Louw, administratiewe dame in Stilbaai het die Prinsipaal se Waardering-toekenning ontvang.
Janka Niemand en Antoinette du Toit van die Oudtshoorn kantoor het weggestap met die Platinum toekenning, Gerbré Hill en Endri Huishamen van Mosselbaai het Goud gewen, terwyl Mara Pienaar van Hartenbos en Adriana Cilliers van Pinnacle Point, onderskeidelik die Silwer en Brons toekennings ontvang het.
Mariaan Olivier, batebestuurder van Oudtshoorn en Jordan Hawkins van Swellendam, het die silwer- en goue toekennings vir beste batebestuurders vir 2025 ontvang.
Die Oudtshoorn span, Antoinette du Toit, Mariaan Olivier, Tania Erasmus en Janka Niemand het Oudtshoorn se naam hoog gehou.
Liandra de Kock, Jeanne Hamman (middel) en Charles de Kock met een van die talle toekennings waarmee Jeanne weggestap het. Foto's: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’