MOSSELBAAI NUUS - Vir Janél Kruger en Tanja Bodenstein was dit 'n volsirkel-oomblik die dag toe hulle besluit het om Kruger & Co te stig. Hoewel hul kantore in Danabaai gevestig is, werk hulle landwyd.
Saam het Janél en Tanja meer as 40 jaar ondervinding in regspraktyk en ten minste 20 jaar in boedeladministrasie.
Hulle het 'n vertroude netwerkverhouding opgebou wat hul stelsel help om 'n goed geoliede masjien te werk.
Janél Kruger
Janél matrikuleer in 1990 aan die Afrikaanse Hoërskool, Kroonstad en gaan studeer daarna aan Kroonstad Tegniese Kollege waar sy in 1992 'n N6-sertifikaat verwerf.
In 1993 betree sy die besigheidswêreld toe sy by Grimbeek, Hart en Van Rooyen Prokureurs in Kroonstad begin werk en vanaf 1999 - 2006 by De Hart, Kruger, Basson & Schoeman Prokureurs.
In 2011 verhuis sy na Mosselbaai om by Rauch Gertenbach Ing te begin werk. Janél het haar LLB-graad en diploma in boedeladministrasie in 2014 voltooi, beide deur UNISA en is nou 'n toegelate prokureur.
Tanja Bodenstein
Tanja matrikuleer in 2002 aan die Hoërskool Punt in Mosselbaai en studeer daarna aan die Suid-Kaap Kollege in George waar sy haar N6 Nasionale diploma verwerf.
In 2004 begin sy by Rauch Gertenbach Ing werk waartydens sy haar diploma in aktebesorging ontvang het. In 2013 verwerf sy haar diploma in bestorwe boedeladministrasie deur UNISA.
In 2014 aanvaar sy diens by Van Niekerk Conradie Prokureurs en in 2016 begin sy as vryskut by Braam Deacon Prokureurs werk.
Kontak Janél (083 385 0909) of Tanja (082 747 6186) vir die gratis hersiening of opstel van u testament, of die administrasie van 'n bestorwe boedel aangeleentheid.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'