Sponsored Content
SAKENUUS - By die Veld & Vleis Deli kom gehalte altyd eerste. Ons maak al ons produkte self, wat beteken ons weet presies wat in elke produk ingaan en kan die hoogste standaarde waarborg. Niks word op groot skaal vervaardig nie - alles word in klein hoeveelhede gemaak om uitstekende geur, smaak en kwaliteit te verseker.
Ons spesialiseer in 'n wye verskeidenheid boerewors, insluitend tradisionele boerewors asook unieke geure soos Knoffel, Honey & Mustard, en Espresso & Balsamic.
Daarbenewens bied ons verskeie wildsworse aan, waaronder Peperoncini & Feta, Kersie & Halloumi, en die gewilde Vlakvark-kaaswors.
Elke stukkie wors, biltong en droëwors word met sorg en trots voorberei. Ons is meer as net 'n tradisionele slaghuis - ons is 'n deli wat unieke, handgemaakte produkte aanbied.
Van premium vleissnitte en sosaties tot speserye, slaaie, knoffelbrood, peppadew- en halloumi-sosaties - by ons kry jy alles vir die perfekte braai.
Om genomineer te wees, is 'n ongelooflike voorreg en eer. Ons is dankbaar vir die vertroue en ondersteuning van ons gemeenskap.
Ons bly daartoe verbind om die hoë standaarde waaraan ons klante gewoond geraak het, te handhaaf en gereeld nuwe en opwindende produkte bekend te stel.
Wat ons werklik onderskei, is ons groot verskeidenheid unieke geure en produkte onder een dak, tesame met die persoonlike verhoudings wat ons met elke kliënt bou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’