Sponsored Content
SAKENUUS - Potties Plumbers is ’n familieonderneming wat met trots elke projek volgens die hoogste standaarde afhandel. Van klein herstelwerk tot groter installasies benader die span elke taak met dieselfde toewyding, vakmanskap en aandag aan detail.
Die onderneming se nominasie in die Best of Mossel Bay-kompetisie is vir die eienaars ’n besondere voorreg en ’n bewys dat kliënte die moeite, opofferings en harde werk wat agter die skerms plaasvind, waardeer.
Waar baie ondernemings probeer om koste te bespaar, kies Potties Plumbers doelbewus om slegs gehalte materiale en beproefde produkte te gebruik.
Die span glo dat goeie loodgieterswerk nie net probleme oplos nie, maar ook langtermyn-gemoedsrus aan kliënte bied. Daarom word geen kortpaaie geneem nie en word elke projek netjies en professioneel voltooi.
Hul sukses is gebou op vertroue, eerlikheid en konsekwente dienslewering. Kliënte weet hulle kan staatmaak op ervare vakmanne wat trots is op hul werk en altyd bereid is om die ekstra myl te loop.
In ’n tyd waar goedkoper nie noodwendig beter beteken nie, bly Potties Plumbers vas oortuig dat gehalte altyd die beste belegging is. Die span bedank die gemeenskap vir hul lojale ondersteuning en sien daarna uit om Mosselbaai nog lank van diens te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’