Sponsored Content
SAKENUUS - Hartland Lifestyle Estate is trots om aan te kondig dat beide die Hartland Lifestyle Estate en Hartland-atreeoord genomineer is in die gesogte Best of Mossel Bay-toekennings vir 2026.
Die jaarlikse toekennings, wat deur die gemeenskap besluit word, vier die beste besighede, dienste en instansies in die Mosselbaai-omgewing.
Hartland se dubbele nominasie is 'n bewys van die landgoed se voortdurende groei, gehalte en gemeenskapsbetrokkenheid.
'n Landgoed wat saam met die gemeenskap groei
Sedert sy ontstaan in 2020 het Hartland ontwikkel tot die vinnigste groeiende landgoed in die Tuinroete, met meer as 650 bewoonde eenhede. Wat egter werklik tel, is die mense wat Hartland hul tuiste noem.
“Hierdie nominasies is nie net erkenning vir ons nie - dit is erkenning vir elke inwoner wat bydra tot die gees van Hartland,” sê Andre le Roux, projekbestuurder by Hartland.
“Ons bou nie net huise nie; ons bou ‘n gemeenskap.”
Die landgoed bied talle opsies vir kopers - van voltitel-erwe met ‘n wye keuse van standaardplanne, tot deeltiteleenhede by Fynbos Heuwels, asook plot-en-plan-Klein-Karoo-huise.
Kopers kan kies en keur tussen talle verskillende wooneenhede.
Almal geniet 24/7-sekuriteit, staproetes, en die rustigheid van die Tuinroete.
Die nuwe ontspanningsarea se konstruksie het ook nou pas begin - hier sal muurbal-, padel- en tennisbane wees asook ‘n swembad, klubhuis en vele meer.
Aftreeoord wat die verskil maak
Die Hartland-aftreeoord is afsonderlik genomineer - 'n seldsame eer.
Die aftreeoord bied ‘n veilige, aktiewe en ondersteunende omgewing vir inwoners wat wil afskaal sonder om lewenskwaliteit in te boet.
Inwoners geniet ‘n lewendige sosiale kalender, van saam oefen tot kaartaande en oggendstappies. Die leefstylsentrum (eerste fase in 2027) sal ‘n swembad, klubhuis en oefenfasiliteite insluit.
Verder word ‘n moderne geheue- en verswaktesorgsentrum ontwikkel in vennootskap met CareVita. Dit beteken dat inwoners gemaklik kan wees in hul eie omgewing - selfs wanneer gesondheidsbehoeftes verander.
Inwoners geniet reeds weeklikse gratis kliniekdae asook welstandbesoeke.
Stem nou vir Hartland
Hartland se ondersteuners word aangemoedig om te stem in die 'Best Estate' en 'Best Retirement Village' -kategorieë.
“Elke stem tel. Ons vra die gemeenskap om agter ons te staan. Saam kan ons wys dat Hartland die beste is.
"Kom ervaar Hartland self - Ons verkoopsdek is sewe dae 'n week oop, vn 09:00 - 17:00.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’