Gallery Sponsored Content
SAKENUUS - Wat 'n voorreg is dit om weer saam met ons gemeenskap te groei! Met trots en dankbaarheid is De Kleine Loerie benoem vir die Best of Mossel Bay Readers' Choice Awards 2026.
Agter elke benoeming is 'n klant, 'n kuier, 'n koppie koffie en 'n storie. Sonder die ondersteuning van ons gemeenskap sou hierdie reis nie moontlik gewees het nie.
As die geliefde kleinsus van Loerie Bakkery het De Kleine Loerie 'n besondere plek in die harte van Klein-Brakrivier en die groter Mosselbaai-gemeenskap verower. Hier gaan kwaliteit, geur en gasvryheid hand aan hand, en elke besoek voel soos 'n tuiskoms.
FOTOGALERY: Stem vir De Kleine Loerie: maak weer GROOT naam, danksy jou!
Ons is meer as net 'n bakkery - ons is 'n ontmoetingsplek waar vars koffie, beskuit en heerlike gebak mense bymekaar bring. Van ons gewilde Sugar Tee's en Build-a-Broodjies tot 'n verskeidenheid varsgebakte lekkernye, word alles met passie en sorg voorberei.
Varsheid en gehalte is vir ons nie net 'n belofte nie, maar 'n leefwyse. Terwyl jy kuier, kan jy ook die pragtige uitsig oor die R102 by Klipheuwel geniet.
Ons vra jou ondersteuning om weer vir De Kleine Loerie te stem en ons te help om die titel Beste Bakkery vir 'n vierde opeenvolgende jaar te wen. Jou stem maak 'n verskil.
Dankie dat jy deel is van ons storie. Kom kuier by De Kleine Loerie - waar geur, kwaliteit en gemeenskap saamkom.
Nominasies:
- Best Bakery
- Best Coffee Shop
- Best Family Friendly Restaurant
- Best Outdoor Dining
- Best Place for a Family Outing.
Klik hier om te stem vir De Kleine Loerie!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’