Sponsored Content
SAKENUUS - Battery Planet in Mosselbaai vier vanjaar nie net meer as ’n dekade van diens aan die gemeenskap nie, maar ook die voorreg om vir drie agtereenvolgende jare met 'n gesogte plaaslike toekenning vereer te word.
Volgens die eienaar, Freddie Strauss, sou hierdie prestasie nie moontlik gewees het sonder die lojale ondersteuning van kliënte oor die 13 jaar wat hy die besigheid besit nie.
“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al my kliënte opreg te bedank vir hul getroue ondersteuning deur die jare.
Dit is juis hul vertroue in ons produkte en diens wat dit moontlik gemaak het om hierdie erkenning drie jaar agtereenvolgens te ontvang,” sê hy.
Battery Planet het oor die jare ’n sterk reputasie opgebou vir betroubare diens, gehalte produkte en persoonlike aandag aan kliënte se behoeftes.
Die onderneming bedien motoriste, besighede en huishoudings met ’n wye verskeidenheid battery-oplossings.
Battery Planet in Mosselbaai vier vanjaar meer as 'n dekade van diens aan die gemeenskap.
Strauss het sy waardering uitgespreek teenoor die Mossel Bay Advertiser vir die rol wat die publikasie speel in die aanbied van die kompetisie en die bevordering van plaaslike ondernemings.
“Ons is dankbaar vir elke kliënt wat ons deur die jare ondersteun het. As dit die Here se wil is, sien ons daarna uit om nog vir die volgende 13 jaar en langer die gemeenskap van diens te wees.”
Battery Planet is by Winkel 11, Bayview Plaza, hoek van Louis Fourie- en Garretstraat, Voorbaai, Mosselbaai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’