Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Ford Mosselbaai is trots op hulle produk, die nuwe Ranger-bakkie wat 'n opskudding veroorsaak het toe dit onlangs as die Motor van die Jaar in Suid-Afrika aangewys is.
Dit is die eerste keer in dié kompetisie se geskiedenis van 37 jaar, dat 'n bákkie met die titel kon wegstap en boonop ook die eerste keer in 'n soortgelyke kompetisie in die wêreld. Die Ford Ranger het 21 ander voertuie uitgestof.
Voorsitter van die kompetisie, Mabuyane Mabuzu sê die Ford Ranger bewys die motorbedryf se verbintenis tot die vervaardiging van dubbelkajuite wat uitstekende werksverrigtinge bied terwyl gemak, veiligheid en die nuutste tegnologie bygevoeg is.
Groot vernuwings is deur die Ranger se modelreeks en veral die Raptor-model gebring.
Ford Mosselbaai se handelaarshoof Pieter Ackerman sê die Garden Route 4x4 Expo wat onlangs by Bartelsfontein buite Mosselbaai gehou was, was 'n goeie geleentheid om vir mense te wys wat in Ford steek.
"Ons het tydens die ekspo ons voertuie ten toon gestel en die voertuie het heeldag lank gewerk en op die hindernisbaan gery." Die Ranger bestuur soos 'n gesinsmotor maar kan uitdagende hindernisse seepglad laat verloop.
Wanneer voornemende kliënte Ford Mosselbaai besoek, word hulle deur 'n span ervare werknemers ontvang. Bennie Erasmus hanteer kopers se finansiering en versekering en is al jare in die bedryf. Pierre Grobbelaar staan aan die stuur van 'n span wat Ford se nuwe en tweedehandse voertuie bemark.
Besoek Ford Mosselbaai op die hoek van Louis Fourieweg en Via Appiestraat in Voorbaai, Mosselbaai of kontak hulle by 087 086 5150.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’