Advertorial Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Monte Christo-aftreeoord bied jou die ideale mengsel van 'n rustige plaasomgewing neffens 'n natuurreservaat en die gerief van die splinternuwe Garden Walk Mall slegs 'n klipgooi ver.
Met die magtige Outeniqueberge aan die een kant en die nimmereindigende Indiese Oseaan aan die ander, kan 'n inwoner werklik nie vir meer vra nie - dit is die toonbeeld van rustigheid.
Maar daar is tóg meer. Hierdie reeds gevestigde oord van pragtige vrystaande huise bied nou vir kopers ook die opsie van luukse tweeslaapkamerwoonstelle in die De Caravel-gebou.
De Caravel is elegant afgewerk en beskik oor eksklusiewe tweeslaapkamer-eenbadkamerwoonstelle met uitlegte wat die gebruik van ruimte optimaliseer. En die omgewing is troeteldier- én rolstoelvriendelik!
Twaalf van hierdie eenhede is reeds verkoop - daar is nog slegs ses beskikbaar.
Monte Christo-aftreeoord se ontwikkelaars, Mark Teuchert en Nolan Marsh.
Dié woonstelle beskik oor:
- granietblaaie
- elektriese kookplaat en afsuigfilter
- onder-die-toonbank-oond
- hysbakke
- storte op vloervlak met ingeboude sitplekke
- internetgereedheid
- persoonlike noodoproepstelsel.
Die Monte Christo-aftreeoord in sy geheel bied ook 'n verskeidenheid geriewe, insluitende 'n klubhuis met 'n restaurant, 'n haarsalon, 'n dameskroeg en 'n biblioteek.
Wanneer inwoners 'n mediese noodgeval het of met ouderdom verswak, bied die aftreeoord hulpverleningsopsies en versorgingsfasiliteite met verskeie vlakke van mediese sorg deur goed gekwalifiseerde en ervare personeel, asook behoorlike agting vir waardigheid.
Ligging en meer
Die ligging is ideaal - wat ook al jou aftreedrome is, maak seker dat jy dié aftreeoord se leefstyl kies.
Monte Christo-aftreeoord, geleë binne die 54 ha Monte Christo-ekolandgoed, is net 15 km vanaf Mosselbaai aan die westekant van die N2. Die inwoners geniet panoramiese uitsigte oor Hartenbos en Mosselbaai - en moenie die berge vergeet nie! Die ekolandgoed beskik oor natuurlike plantegroei, en voëllewe is volop.
Maar ten spyte hiervan is jy ver van geïsoleerd: die goed ontwikkelde inkopie-, eet-en gesondheidsorg-infrastruktuur van Mosselbaai (wat ook spog met die mees gematigde klimaat in die hele suidelike halfrond) is op jou drumpel, en George, die Tuinroete se grootste stad, hoof- administratiewe sentrum en die tuiste van die streek se nasionale lughawe, is om die draai.
Die land se beste gholfbane, insluitende die wêreldbekende Fancourt en Pinnacle Point, is ook binne maklike bereik.
Gemoedsrus sal jy ook in oorvloed hê. Die Tuinroete het die tweede laagste misdaadsyfer in Suid-Afrika, en Mosselbaai word erken as die beste munisipaliteit in die land. Nietemin kan inwoners onwrikbare sekuriteit regdeur die landgoed verwag.
Daar is omtreksekuriteit met 'n elektriese heining, bemande ingangshekke en sekuriteitskameras, asook elektroniese toegangsbeheer.
Skakel Inelia Loots of Tammy van der Merwe om vandag jóú plekkie in Monte Christo te bespreek.
So, hoekom Monte Christo vir jóú aftrede kies?
- Woon in 'n pragtige landgoed wat jou die natuur as jou agterplaas bied.
- Geniet 'n verskeidenheid tydverdrywe binne die landgoed en die omliggende gebiede.
- Dis 'n droombestemming vir die aktiewe sportman of -vrou, die privaat hengelaar en die romantiese wandelaar.
Kontak Inelia Loots (072 342 3946/[email protected]) of Tammy van der Merwe (079 983 9353/[email protected]) om vandag nog jou plekkie in Monte Christo te bespreek.
Die professionele span en bemarkers van die Monte Christo-aftreeoord, asook die bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’