Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Op 2 Januarie 1998 het Pikkie Oosthuizen die deure van die landswye bekende konsessie, Battery Centre, in Blandstraat op Mosselbaai geopen.
In 2014 het sy seun, Petrus Oosthuizen, die besigheid oorgeneem. Die besigheid het 'n baie wye kliëntebasis opgebou. As jy van batterye praat, duik die naam Battery Centre in Blandstraat op.
Die Battery Centre handelsmerk het egter met vernuwing vorendag gekom en dit sal voortaan landswyd as First Battery Centre bekend staan.
Die logo mannetjie het ook verander na 'n vriendelike gesiggie. Die nuwe naam is reeds sigbaar by dieselfde perseel in Blandstraat, en Oosthuizen verseker sy kliënte dat alles presies dieselfde bly.
"Dis net ons naam wat landswyd verander het, ons perseel, my personeel Jenny en Patrick, die produk, landswye waarborge, gratis toetse, gratis installasie en uitstekende kwaliteit batterye bly presies dieselfde."
First Battery Centre se verskaffer van batterye is National Battery.
Plaaslik verskaf First Battery Centre batterye vir motors, motorfietse, vragmotors wat deur alle motorvervaardigers vertrou word. First Battery Centre se Raylite-motorbatterye word deur alle motorvervaardigers met 'n voetspoor in Suid-Afrika vertrou.
Kyk onder die kap van enige nuwe motor wat in SuidAfrika vervaardig word en die battery word deur First National Battery vervaardig.
Dit is belangrik om jou battery ten minste twee keer per jaar te laat nagaan. Dit word gratis gedoen by enige van die First Battery Centre-takke regoor Suid-Afrika.
Vertrou First Battery Centre om 'n deeglike batterytoets en alternatortoets te doen en jy kry die verslag binne minute. First Battery Centre Mosselbaai waarborg hul kliënte dat hulle nooit 'n battery vervang tensy dit absoluut noodsaaklik is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’