Sponsored Content
TUINROETE NUUS - Toe die horlosie twaalfuur slaan op 31 Desember 2021, was dit vir sommige as net die begin van nuwe uitdagings en moontlikhede.
Vir Rauch Gertenbach Prokureurs was dit egter die aankondiging van ‘n besonderse mylpaal aangesien hulle in Maart 2022 hul eeuwording vier.
Die firma is in Maart 1922 op Mosselbaai gestig, kwalik 10 jaar na die Eerste Wêreldoorlog wat soos dit is, ‘n ingrypende verandering in die geskiedenis gebring het.
Só het die firma inderdaad die toets van die tyd deurstaan en verskeie wêreldgebeure sien kom en gaan.
Min sou enigiemand kon dink dat in 2020, bykans ‘n eeu na die firma se vestiging, die hoogs ontwikkelde, modern sakewêreld met sy vinnige tempo ingrypend tot halt geroep sou word vanweë die Covid-19-pandemie.
Desnieteenstaande het Rauch Gertenbach Prokureurs, waarskynlik danksy onder meer gevestigde wortels en ‘n vaste voetspoor in die Suid-Kaap, in dié waterskeidingjaar uitgebrei met twee nuwe kantore – een in Hartenbos en nog een in Danabaai.
In 2021, so op die vooraand van hulle eeufees, word hulle beloon met ‘n PMR Golden Arrow-toekenning vir uitnemendheid.
Hulle sluit 2021 af, as ‘n finalis in die Mosselbaai Besigheidskamer se se kategorie vir groot sakeondernemings in die organisasie se jaarlikse toekennings vir top plaaslike besighede.
In die aanloop tot die eeufees, is die wortels en grondlegging van Rauch Gertenbach Prokureurs toegelig in ‘n reeks artikels wat aanlyn verskyn het. Van ‘n klein firma wat deur JJ Scholtz begin is op 1 Maart 1922, met ‘n skamele personeel, het die firma tans 14 prokureurs wat ondersteun word deur 40 ervare personeellede.
Net voor ons die interessante geskiedenis van die vroeë 20ste eeu vir eers vaarwel toeroep en die kollig laat val op die Rauch Gertenbach van ‘n tyd meer bekend aan ons, ‘n laaste terugblik ter wille van die geskiedenisliefhebbers na die stamboom van die Scholtze as grondleggers van Rauch Gertenbach.
Die stamboom is saamgestel deur Sonia Bester van Rauch Gertenbach en nagegaan deur Dick (Jacobus Johannes) Scholtz, ‘n kleinseun van wyle JJ Scholtz wat dit as korrek bevestig het. Eersgenoemde se pa was Nicolaas Theunissen Scholtz, die seuntjie wat hier voor die praktyk te siene is.
Die foto dateer uit 1922. Bester begin haar uitleg van die stamboom by ds Gustav Adolf Scholtz en sy eggenote, Maria Dorothea Wege. Die egpaar het 10 kinders gehad.
Visuele hulpmiddels:
Agter op foto van Nico voor JJ Scholtz se Regs Firma 1922
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'