Advertorial
BESIGHEIDS NUUS - Light-City, in die hartjie van die Voorbaai, verteenwoordig 15 jaar van puik diens, harde werk, en bowenal, lojale ondersteuning vanuit die gemeenskap.
Met jare se ondervinding in beligting, elektriese en sonkrag komponente, het Light-City sedert sy ontstaan in 2008 gegroei om die plaaslike leier in dié bedryf te word - nie net in die kleinhandel nie, maar ook in kommersiële markte.
Dit, glo die bestuur, is weens hul direkte betrokkenheid by die dag-tot-dag bedrywighede van die besigheid, asook hul personeel se toewyding tot eersteklas-diens.
Eienaars Johan en Erna Claasen wil hul goeie en lojale kliënte opreg bedank.
“Want sonder hulle sou ons niks gewees het nie. As hulle ons nie ondersteun het nie, was ons niks. En dan aan ons personeel, regtigwaar, hulle is tops. Hierdie alles is baie te danke aan hulle. Ons kry baie goeie terugvoering. Hulle doen moeite en is betroubaar.”
Johan en Erna se name is al sinoniem met Light-City. Hul kinders, Corni Fourie en Basson le Roux, volg in hul voetstappe en help om die besigheid van krag tot krag te ontwikkel.
As jy by die winkel ingaan sal jy vir Basson by die elektriese en sonkrag afdeling kry en vir Corni by beligting.
As gesin glo hulle daar lê onskatbare waarde in tweede-generasie bestuur.
Cornie Fourie, Johan en Erna Claasen en Basson le Roux.
Dubbele viering
Light-City se 15 jaar het hulle sommer dubbeld gevier. In Maart was daar ‘n Birthday Bash eksklusief vir hul verskaffers en kliënte. Met ongeveer 150 mense wat die viering bygewoon het, was dit ‘n reuse sukses.
Die publiek het natuurlik ook hul beurt gekry om deel te neem aan die joligheid by Light-City se opedag in September. Hier kon besoekers die nuutste produkte in die mark by die verskaffer self sien. Beter eerstehandse kennis sou jy nêrens anders as by dié 16 verskaffers kry nie.
Die opedag gaan ‘n jaarlikse instelling word. As jy wil weet wat is nuut in die bedryf, moenie die volgende opedag misloop nie. Elke verskaffer is ‘n kenner op sy/haar gebied en die opedag gee jou die kans om met die persoon agter die produk te gesels.
As jy die opedag gemis het, moet egter nie bekommerd wees nie - die personeel by Light-City is altyd daar om die nodige inligting aan jou te verskaf wat jou sal help om die beste besluit vir jou huis of besigheid te maak.
Die vertoonlokaal en elektriese afdeling is ses dae ‘n week oop. Maandag tot Vrydag van 07:30 - 17:00 en Saterdae en publieke vakansiedae van 08:00 - 12:00.
Light-City se ligging kon nie meer ideaal gewees het nie. Geleë by Parsonlaan 13 in Voorbaai, Mosselbaai, en reg oorkant Langeberg Mall, kom jy sommer maklik daar uit.
Opsies vir uitstaan quotes/blokkies
Require a site visit?
We are able to assist with building site visits and costings on project plans from inception to completion.
Our clients:
Our footprint covers the George to Stilbaai area.
Whether you are a homeowner or interior decorator, our showroom offers a wide range of options to choose from.
Electricians, architects, property developers, and builders will find electrical and lighting products to ensure the timely handoff of projects.
Kliënte gesels met een van die uitstallers tydens Light City se opedag.
Products:
Outdoor bulkheads
Ceiling lights
Chandeliers
Downlights
Electrical
Fans
Floodlights and Security Lights
Garden lights
LED bulbs
Pendants
Solar
Spotlights
Wall Lights
Invertors
Details:
13 Parson Avenue
Voorbaai
Mossel Bay
044 695 0063
082 780 7272
cornidlightcity.co.za
Light City se indrukwekkende vertoonlokaal.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’