Verskeie telers van die Wes- en Oos-Kaap het met uitstaande gehalte diere aan die kampioenskappe deel te neem.
Berrie Botha se Bothasim Simmentalers het eerste in beide die bulle en die vroulike afdeling gekom.
By die superkoei-afdeling was Monsa eerste, tweede en derde. Astro is ook aangewys as die reserwe senior- en reserwe grootkampioen vroulike dier. Sy was ook die reserwe superkoei.
Die jong bulle en verse het ook baie goed in die junior klasse presteer deur eerste te eindig in die klasse 12-15 en 15 tot 18 maande. Bothasim Olivia was ook eerste by die verse in die klas 15-18 maande.
Die volgende groot skou is die Nasionale kampioenskappe wat einde April in Vryburg aangebied word en daarna is dit weer die George-skou in Augustus.

Simlee Monsa is aangewys as die super kampioenkoei by Worcester-skou 2014.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'