Gallery
MOSSELBAAI NUUS EN GALERY - Om ’n musiekblyspel soos Skipskop saam te stel en dan boonop suksesvol uit te voer sit nie in enige span se broek nie, maar dit is presies wat Hoërskool Punt vermag het.
Die musiekblyspel is vanaf Maandag, 23 Mei tot Vrydag, 27 Mei by die skool aangebied.
FOTOGALERY: Uitstaande produksie deur Punt
Die stampvol skoolsaal was pragtig versier en het die ideale agtergrond vir die komiese en soms ook hartseer tonele geskep.
Louise van Wyk-Visser, hoof van musiek by die skool, beskryf dit as ’n reuse spanpoging. Van Wyk-Visser sê dit het die span vier maande geneem om die produksie na die verhoog te bring.
Kinders van die wind het die produksie geopen. 'n Groot verskeidenheid liedjies is deur die aand opgevoer en gesing.
Die koor en orkes was puik en die toneelspel professioneel.
Hierdie is beslis produksie wat in die skool se geskiedenis opgeteken behoort te word.
Photos: Sharlton Groenewald
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'