Mosselbaai Nuus - Tannie Stienie van Voortrekkerhoogte, het gister, Dinsdag, 27 Februarie, as deel van Nasionale Melktertdag, die hele dag by 'n bekende deli in Voorbaai gekuier om al haar tradisionele melktert resepte te deel.
Sy was reeds van Maandag, 26 Februarie, besig om voor te berei vir dié tradisionele dag.
Haar gunstelinge wissel van tradisionele melktert, melktert gevulde pannekoek, melktert melkskommel en melktertjie "shooters". Daar was ook pastéis de nata (Portugese melktertjies) deur 'n werknemer van die deli gebak.
Die oorsprong van melktert, ook bekend as "milk tart" in Engels, kan teruggevoer word na die vroeë Europese koloniste in Suid-Afrika, veral die Nederlanders. Die moontlikheid is dat dit sy oorsprong uit die Europese vlaterte het. Die Nederlanders het hul eie weergawe van na Suid-Afrika gebring toe hulle die land begin koloniseer het, wat gelei het tot die ontwikkeling van die melktert soos dit vandag bekend is.
Mettertyd het dit 'n ikoniese plek in Suid-Afrikaanse kookkuns verwerf en is dit 'n geliefde nagereg regoor die land. Melktert is sinoniem met Suid-Afrikaanse samesyn.
Tannie Stienie is egter een van Mosselbaai se bekende kokke, wat haar tradisionele hoed opgesit het vir die geleentheid.
The Spice Lady of te wel Ronel Stopforth, een van Mossebaai se kokke was agter die voortrekkerkappie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’