VERMAAKNUUS - Die gewilde konsert, Perhaps Love is terug, na vele versoeke – vir net een aand.
ArtSpace bied die produksie aan op Vrydag, 16 April om 19:30.
In heerlike Suid-Afrikaanse Engels, deel Cornelle Carstens die lief en leed en liefdeswedervaringe van bekende Suid-Afrikaners soos Eugene Marais, Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw en andere.
Gewilde liefdesliedjies word deur Abé Meintjes (kitaar en sang) en Mariaan Bester (tjello) uitgevoer.
Hierdie populêre konsert word in die Dias Museum aangebied. Deure open 18:00. Kaartjies, teen R150 per persoon, kan by Abé Meintjes (083 268 3718) verkry word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'