MOSSELBAAI NUUS - Hannes Visser, bekroonde joernalis en redakteur van die Mossel Bay Advertiser se susterkoerant, Oudsthoorn Courant, dra nou nóg 'n nuwe baadjie.
Visser het verlede maand sy eerste digbundel, Die jaar toe pa... bekend gestel. Hierdie bundel, uitgegee deur Naledi, is eerlike, kaalvuis skrywes wat jare uit Visser se kinderlewe saamvat.
Op 24 Mei kuier Visser by die Monroe Teater on Marshstraat om sy bundel met Mosselbaaiers te deel.
Hy tree tydens die geleentheid op saam met kollega, Mossel Bay Advertiser- joernalis, Cornelle Carstens. Hulle beplan 'n kleurvolle program waartydens Visser van sy gedigte sal voorlees, afgewissel deur Carstens se kenmerkende komediekabaret.
Visser is 'n oud-onderwyser en skryf reeds kortverhale en gedigte sedert 2007. Hy het verskeie pryse in nasionale skryfkompetisies gewen en het in 2017 met gedigte in Nuwe Stemme 6 gedebuteer. Tans werk hy aan 'n misdaadroman en 'n lewensafrigtingsboek.
Visser se bundel, Die jaar toe pa... sal tydens die bekendsttelling beskikbaar wees.
Besprekings is noodsaaklik. Kontak Joan (082 415 9588).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'