MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - Die sanger en liedjieskrywer, Luna Paige het weer eens Vrydagaand op Mosselbaai kom bewys waarom sy een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaar is.
Paige het opgetree in die Monroe Teater as deel van 'n toer deur die Tuinroete.
Haar vertoning het gefokus op haar 21 jaar in die musiekbedryf. Sy het van haar eerste Engelse liedjies en ook later werk in Afrikaanse gesing.
Paige se verwerkings van Afrikaanse digter Ingrid Jonker se werk soos gehoor kan word in die bekroonde produksie, Korreltjie Kantel, was ook deel van Vrydagaand se genotvolle vertoning.
Paige toer eersdaags deur Nederland met haar produksie Korreltjie Kantel.
Sy het ook genoem dat haar kommissiewerk vir RSG, Smeltkroes, waarin een van Mosselbaai se eie, die jazz-musikant Ramon Alexander, ook 'n buiging maak in 2020 moontlik op die verhoog sal debuteer.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'