Update
OPVOLG: 11 Desember 2020 @ 09:30 - Luna Paige se konsert gekanselleer: Die betowerende sanger van Stellenbosch, Luna Paige wat op 19 Desember by Artspace, Dias Museum sou optree, se konsert is vanweë die toename in Covide-19-infeksies, afgestel.
MOSSELBAAI VERMAAKNUUS - Luna Paige reis Desembermaand vanuit Stellenbosch al langs die kus om haar musiek en lirieke met aanhangers te deel.
Na die lang inperking is daar vele nuwe liedjies wat sy met gehore wil deel voor sy in 2021 uiteindellik begin werk aan haar nuwe album.
Paige gee ‘n intieme blik op haar denkwêreld met musiekliefhebbers. Sy deel staaltjies, gedigte en liedjies oor die drome wat sy gedroom het, innerlike worstelinge wat spruit uit die klimaat in ons land, oor die einde van nie net 'n dekade nie, maar baie ander dinge soos ons dit eens geken het. Sy sing ook oor 'n nuwe begin, oor die geheim van in-die-oomblik-leef en oor hoop.
Paige roer nie net met haar stem nie, maar ook met haar lirieke. Dit is met haar lirieke wat sy 'n veilige hawe vir almal skep waarbinne hul hul eie gedagtegange kan loslaat en verken.
Haar musiek word in Afrikaans en Engels aangebied.
19 Desember, Artspace, Dias Museum, Mosselbaai, 19:30, R150 by 083 268 3718 / by die Espresso Spot by Diaz Museum tussen 09:00 en 14:00
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'