Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Garden Route 4x4 Expo and Outdoor Show eindig vandag om 15:00.
Vanaf 09:00-11:00 word die colour run aangebied, waarna Jakkie Louw met sy poppekas, Felias en Pokkel weer te siene sal wees vir die jong klomp. Louw het gister, 1 Mei die gehoor aan die dans en sing gehad met sy treffer, Drie Pikkewyne.
Die kletsrymer Early B tree op om 12:00 en soos dit die einde van ‘n suksesvolle fees betaam, is daar vandag etlike kontantpryse om weg te gee in kompetisies en gelukstrekkings.
Die color run se toegang is R20 vir kinders tot ouderdom 16, R60 vir volwassenes en persone bo R65, betaal R65. Die pryse sluit toegang tot die buitelugskou, gehou in Bartelsfontein op die Herbertsdale-pad agter PetroSa in.
FOTOGALERY: Colour run fun at 4x4 expo
Jakkie Louw in aksie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'