TUINROETE NUUS - Hip hop-dansers van Dynamic Dance Academy se studios in George en Mosselbaai het skitterend gevaar tydens die wêreldkampioenskappe, Hip Hop Unite, in Obidos, Portugal.
Eienaar en afrigter Lee Miller (23) het saam met die groep Reload Revolution in die afdeling Adult Mega Crew deelgeneem.
Dynamic Dance Academy het altesaam vier groepe vir die kampioenskappe ingeskryf. Die kinders se ouderdomme wissel tussen twaalf- en agtien-jaar.
Reload Revolution, wat tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Junie 'n eerste plek behaal het, is na hul uitmuntende vertoning by in Portugal op 28 Oktober in die agste plek ter wêreld gelys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’