MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaiers kan uitsien na die ACVV se jongste fondsinsamelingsprojek, Groet die Grotman 2 deur Lefra Produksies met die bekende akteur Wynand van Vollenstee, oftewel Gielie van Ouboet en Wors.
Die beplande vertoning is egter geskuif van 9 Februarie na 9 Maart op versoek van die produksiespan.
Persone wat reeds kaartjies gekoop het en nie die vertoning op 9 Maart kan bywoon nie, kan die ACVV-kantoor besoek om hulle geld terug te kry.
Persone wat egter die vertoning steeds kan bywoon, kan dieselfde kaartjies vir 9 Februarie dus op 9 Maart gebruik,Vir meer inligting, kontak die ACVV se kantoor (044 691 2259).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'
 
                 
                     
                    
                    
                    
                    
                    
                 
                             
                         
                         
                 
                 
                 
                 
                 
                 
                                     
                                     
                                     
                                     
                                 
                                         
                                         
                                         
                                         
                                     
                                     
                                     
                 
                         
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                