Op die Solaris Reservaat is 'n groot klipgepakte labirint met 360 grade natuur uitsig en sterreaand besoekers kan daarin gaan stap. Besoekers vir die sterreaand kan reeds vanaf 17:30 arriveer.
Die sterrekyk sal plaasvind in die Terras funksie-area. Vir 'n aangename piekniekatmosfeer sal daar musiek verskaf word deur 'n plaaslike kunstenaar. Bring opvoustoele en/of kombers, asook 'n piekniekmandjie. 'n Snoepie is sal tee, koffie, aartappelskyfies, sjokolades en blikkies koeldrank verkoop.
Die sterreaand word aangebied deur Wim Filmater. Wim het reeds verskeie toekennings ontvang vir teleskoopontwerp en bou ook sy eie teleskope. Hy was projekbestuurder van die span wat die historiese McClean teleskoop in Observatory onlangs ten volle herstel het. Hy sal deur die loop van die aand 'n praatjie lewer oor ons hemelliggame en ook graag besoekers se vrae antwoord.
Onthou om geriefshalwe die volgende saam te bring:
- Opvoustoele/Kombers
- Piekniekmandjie
- Toegangsgeld teen R50 per volwassene
- Dra liewer toe skoene
- Iets warms as dit later in die aand koud begin raak
- Bring gerus jou verkyker saam. As jy jou eie teleskoop het, kan jy dit ook saambring.