Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Na die suskes van 'n Kersspel verlede jaar, het drs Amos van der Merwe en Annemie Louw, nog 'n suksesvolle produksie die lig laat sien in die vorm van 'n musiekblyspel.
Die produksie, Easter Express is verlede week, soos die Kersspel einde 2021, by Pinnacle Point opgevoer deur plaaslike talent, waarvan etlike inwoners in dié spoglandgoed woon.
Van der Merwe, wat al verskeie boeke die lig laat sien het, het al voorheen sy hand met sukses aan verhoogtekste gewaag.
Easter Express het 'n unieke verhaal, geskik vir die Paasgety op 'n kleurvolle manier verpak in die immergewilde musiek van die jare sestig. Gaste, waaronder die uitvoerende burgemeester an Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotzé, het gesellig saamgekuier tydens 'n ete wat as deel van die vertoning aangebied is.
FOTOGALERY: Easter Express by Pinnacle Point
Easter Express is op 31 Maart en 1 April aangebied.
"Ek is baie trots op die rolverdeling wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. Hierdie is die begin van iets besonder groot waardeur ons die kuns en kultuur by Pinnacle Point wil konsolideer met dit wat deur ander groepe in Mosselbaai aangebied word. Dit sal 'n voorreg wees om ook met ander gemeenskappe in hierdie verband te kan saamwerk om plaaslike talent ten toon te stel," het Van der Merwe na afloop van die vertoning gesê.
VIDEO: Easter Express sit kunste op koers
Kotzé het bygevoeg dat hy en sy raad graag kuns- en kultuurinisiatiewe sal ondersteun.
"Ek sien uit daarna om met verskeie kuns- en kultuurgroepe saam te werk in die belang van ons dorp. Ander kleiner dorpe soos De Rust, Prins Albert, Greyton en dies meer het groot sukses met hulle kuns- en kultuuraanbiedinge wat inderdaad ook 'n hoeveelheid toeriste lok."
Die sogenaamde Bag Ladies in aksie.
Die rolverdeling saam met drs Amos van der Merwe en Annemie Louw (tweede en derde van links).
Musikale afronding is deur dr Annemie Louw gedoen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'