MOSSELBAAI NUUS - Almal is deeglik bewus van die omvang en impak van die droogte in die Wes-Kaap.
Mense praat van die ergste droogte in meer as 'n 100 jaar.
Regoor die land is mense besig om hulp bymekaar te skraap vir ons boere om hulle deur hierdie tyd te ondersteun, want dit is eenmaal die boere wat kos op ons tafels sit.
Jannie du Toit, begelei deur Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier), bied 'n liefdadigheidskonsert aan by die Dias Maritieme Museum aan op 14 Desember om 19:00.
Dit is sy immerbekende Bonjour Monsieur Brel-konsert hier in Mosselbaai aangebied.
In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur 'n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar.
Jannie is dekades reeds 'n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en 'n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands.
Die totale opbrengs van die aand, word aan droogtehulp geskenk vir die plaaslike boerevereniging om boere in hierdie droogtetyd by te staan.
"Ondersteun ons boere asseblief deur jou kaartjie vir die geleentheid te bekom teen R100.
"Doen dit vroegtydig by NG Moedergemeente se kerkkantoor."
Kontak Bessie vir meer inligting en besprekings (044 691 2465).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'