VERMAAKNUUS - Rekord het met hartseer verneem dat bekende Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester (72) sy stryd teen Covid-19 verloor het.
Woensdagoggend is die nuus van sy heengaan op sosiale media gedeel.
Op die Burre Burger Facebook-blad: “Oom Lieb Bester, oom was ‘n yster… Rus sag by Jesus se voete… Ons wou so graag partytjie saam gehou het by oom Gert…”
Wayne Basil Short skryf: “Nog ‘n legende groet ons… Oom Lieb Bester Rus in Vrede my oom mag God die familie toevou deur hierdie moeilike tyd!”
Nog hartseer boodskappe het ingestroom van Bester se aanhangers. Bester was bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa.
Hy is ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is, en nog vele meer waarvoor aanhangers hom sal onthou.