MOSSELBAAI NUUS - Die 17-jarige Luan Els, 'n junior hengelaar van die Triton-hengelklub op Mosselbaai, het verlede week 'n koperhaai (bronsie) van 178kg by Skurwebankies in Mosselbaai gevang en weer veilig in die see teruggeplaas.
Dit is voorwaar 'n uitsonderlike vangs vir so 'n jong hengelaar. Els het Eden vanjaar tydens die nasionale juniorhengelkampioenskap wat in die Edenstreek plaasgevind het, verteenwooordig.
Hy is ook gekies om Eden volgende jaar in Langebaan tydens die nasionale kampioenskap vir onder 21 hengelaars te verteenwoordig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'