RUGBY NUUS - 'n Vererings-rugbywedstryd ter nagedagtenis van sakeman, Hemo Mouers, het Saterdag, 4 Februarie tussen die Black Warriors van Herbertsdale en die Mosselbaai Titans plaasgevind.
Die Titans het egter die spit teen die Warriors afgebyt met 'n eindtelling van 17 - 10 en het die Warriors sodoende met die wisseltrofee weggestap.
Dit was die dag ongelooflik warm en die manne het van beide kante hul beste gegee.
Hierdie jaarlikse wedstryd tussen die twee spanne het sy ontstaan nadat Hemo Mouers vir albei spanne gereeld geborg het.
Mouers is in Desember 2019 noodlottig gewond tydens die voorval by 'n kuierplek in Sixaxenistraat, KwaNonqaba.
Drie gewapende mans in blou-oorpakke het opgedaag en kontant geëis. Mouers het hom teëgesit waarna die rowers hom glo in die arm geskiet het.
Hierna het nog ses skote gevolg. Mouers het kort na die voorval in 'n plaaslike hospitaal aan sy wonde beswyk.
Mouers het 'n besondere voorliefde vir sport, veral vir rugby gehad en het altyd finansieel gehelp. Hy het ook gereeld met vervoer van spelers na wedstryde buite Mosselbaai uitgehelp.
Black Warriors vier hier hul oorwinning teen die Titans hier saam met spelers van die Titans, afrigters en ondersteuners.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'