RUGBY NUUS - Hoërskool Outeniqua het op Donderdag 24 Augustus, 'n geleentheid vir belanghebbendes gehou na 'n uiters suksesvolle rugbyseisoen. Piet Cloete, adjunkhoof van sport, was die seremoniemeester en het statistiek verskaf om te wys hoe suksesvol die seisoen was.
Kwaggas 1ste rugbyspan:
- Posisie op die SA skoleranglys: 4
- Wedstryde gespeel: 13, wen 10, verloor 2 en 1 gelyk.
- Punte vir: 345 (51 drieë gedruk)
- Punte teen: 154 (20 afgestaan)
- Aantal spelers gelewer vir SWD Cravenweek: 15
- SA skolespeler: JT Strydom
- SA 7's-speler: Jeffwin Wesso
- Meeste punte aangeteken:
- JJ Daters (9 drieë)
- Voorspeler van die jaar: Ruan Swart
- Agterspeler van die jaar: Estian Cronjé
- Speler van die jaar: JJ Daters
Dit is die eerste keer sedert die span van Warrick Gelant en Duhan van der Merwe (2013), wat Outeniqua weer in die topvyf van die land eindig.
Hulle verloor slegs teen die nommer een pan, Grey Kollege en die nommer twee span, Garsfontein en speel gelyk teen Paarl Gimnasium, nommer drie.
Tydens die funksie het Cloete sy dank uitgespreek aan Christo Vorster (skoolhoof), die afrigtingspan, ouers, ondersteuners en borge vir hul bydrae tot hierdie ongelooflike jaar. "Ons is trots op hulle."
Chris Hattingh, uittredende senior adjunkhoof, het ook 'n baie interessante praatjie oor Kwagga-rugby gelewer en op 'n gepaste wyse gegroet.
Die borge, van links: Wessel Minie (Pro Physio), Ryno Gerber (JGW Ontwikkelaars), Clinton Jacobs (Canterbury), Louis Postma (Keystone Radiology), Marié Potgieter (Max Mondskerms), Jandre Fourie (hulpafrigter). Agter van links: Jan Hutten (Caring Daisies), Piet Cloete (Sporthoof), Mark Bennet (Hyundai George - hoofborg), Gideon Barnard (Fidelity ADT), Henry Grimes (Voorspeler-afrigter), Gustav Hofmeister (SPAR Wellington Square), Johann Willemse (Hyundai - George) en Eugene Viviers (Eugton Cupb)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’