SPORTNUUS - Vyf jong rugbyspelers van die Groot Brak Rugby- en Voetbalklub (RVK) het op Saterdag, 10 Junie, net voor die hoofwedstryd tussen Groot Brak en Bridgton van Oudtshoorn, 'n kontantbedrag ontvang om te help met hul uitgawes en deelname aan SWD Skole Rugby en moontlik internasionale deelname.
Eric Pietersen van ER-Konstruksie, wat die bedrag geskenk het, sê hy ondersteun die ontwikkeling van jong rugbyspelers en moedig jongmanne en -vroue aan om op skool- en klubvlak deel te neem aan sport en hulself sodoende te ontwikkel.
Die jong rugbyspelers se ouers was by die oorhandiging en het Pietersen bedank vir sy bydrae tot die rugbyseisoen vir 2023.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’