MOSSSELBAAI NUUS - Isabeau Coetsee (13) van Laerskool Park het uitstekend by die SA Skolekampioenskappe van 4 tot 8 April in Bloemfontein presteer.
Sy het ses individuele medaljes (vyf goud, een silwer) en vier aflosmedaljes (een goud, twee silwer en een brons) gewen.
Isabeau het die 50 m-rugslag se SA skolerekord twee keer in beide die voor- en eindrondes verbeter en is daarna aangewys as junior victrix ludorum.
Sy het ook vier nuwe Eden 50 m galarekords vir o. 13-meisies opgestel: in die 100 m-rugslag, 100 m-vlinderslag, 50 m-rugslag en 50 m-vlinderslag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’