Die aandag was op die A-spanne van die Weste en die Ooste gespits. Die beleërde A-Span, die hoog aangeskrewe Kopersbondspan van die S.W.D, het teen die gereelde A-span van Hartenbos, wat die Ooste verteenwoordig het, te staan gekom.
Voor die aanvang van die laaste twee wedstryde was die Ooste A-span in die derde plek. Laasgenoemde span teken egter 'n skof elk in die laaste twee wedstryde aan en behaal gevolglik 'n welverdiende oorwinning in die dag se spel. Albei spanne het goeie, afgeronde houe gespeel. Die beter en meer effektiewe houe deur die Oostespelers het egter die skofte in hulle guns beklink. Die Ooste se B- en C spanne het met goeie ondersteunende spel daarin geslaag om hulle onderskeie afdelings te wen.
Na afloop van die dag se spel is daar lekker gekuier.
Die finale uitslae is:
A-afdeling: Osste A1 (33), Weste (29 ½ ), Ooste A2 (27 ½ ).
B-afdeling: Ooste B1 (36 ½ ), Weste B (31), Ooste B2 (22 ½ ).
C-afdeling: Ooste C1 (42), Weste C(25), Ooste C2(23)
Na die dag se verrigtinge het die keurders die S.W.D spanne vir die S.A Jukskeitoernooi van 2 tot 5 April by Kroonstad aangekondig. Weens die aantal veterane wat uitgetree het, en ook vanweë siekte en terugslae, kon geen mansveterane spanne gekies word nie.
Die spanne is:
Mans A-span (Kopersbond) De Wet Boshoff, Henry van Wyk, J.T le Roux (leier), Irene van der Merwe. Mans B-span (Sanlam) Leon Bester, Ferdie Döman, Bossie Liebenberg, Kobun Stemmet (leier). Reserves is Jaco Immelman, Leon Letz, P.C Slabbert.
Vroue A-Span (Uniewinkels) Arina Steyn, Annetjie Boshoff, Wilma Swanepoel, Louise le Roux.
Vroue B-Span (Pikkie Uys) Anneline le Roux, Sally van Tonder, Hester Maritz, Emmie Prinsloo (leier) en Edelene le Roux as reserwe.
Op 3 Maart ding die gekose spanne mee in 'n driehoekige toernooi teen hul eweknieë van die Boland en W.P by Swellendam-meer.
'n Uitnodigingspan is ook gekies om die S.W.D te verteenwoordig. Hulle is: A1: Harry Joubert (Hartenbos), Dolf Barnard (Korr. D. George) Manie Laubscher (Riversdal), Sydney Stopforth (Hartenbos). A2: Andre la Grange, Jaco Immelman, Pieter Victor en Salie Gerber. Die laaste twee spanne speel in wit en groen hemde.

Wenners vna die Streek-jukskeikompetisie by Riversdal in die Ooste B span is Bossie Liebenberg, André la Grange, Corrie van Rooyen (leier) en Herman van Vuuren.