Die sportakademie fokus daarop om kinders se liefde vir sportsoorte te bevorder en hul daarin af te rig.
Tans bied die akademie boks, rugby, kanovaar, boogskiet en hengel aan. Die akademie is onlangs geregistreer as 'n nie-winsgewende organisasie.
Enige belangstellendes kan by die sportliefhebbers aansluit Vrydae om 15:30 by die Groot-Brakrivier dryfbaan in Langstraat.
Die akademie is tans op soek na 'n netbalafrigter en nooi ouers en kinders uit om deel van die organisasie te word.
Die akademie beplan 'n hele paar opwindende byeenkomste wat 'n jaarlikse Groot-Brakrivier halfmarathon insluit.
Vrywillige afrigters is welkom om die akademie te kontak. Die akademie is afhanklik van borge en doen 'n beroep op belangstellende borge om te help met donasies sodat kinders se sportdrome 'n werklikheid kan word.
Kontak Blackie Swart by 074 117 6056 of Willie Liebenberg by 082 550 4596.
Die akademie se bankbesonderhede is: Grootbrak akademie klubrekening, Nedbank Mosselbaai Langeberg Mall, reknr: 2006 844 601, takkode: 147 20 500

Japhta Mukwaja, naaswenner: Gestremde Sportman van die Jaar

Groot-Brakrivier Sportakademie, wenner: Gemeenskapsportontwikkelaar

Willie Liebenberg, naaswenner: Afrigter van die Jaar
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'