MOSSELBAAI NUUS - Die sewende Arthur Johnson (AJ) Sportweek word vanjaar vanaf 28 Maart tot 2 April by die Van Riebeeck-stadion op Mosselbaai aangebied.
Rugby-, hokkie- en netbalspelers van 31 hoërskole van regoor die land trek vanjaar op Mosselbaai saam om aan dié gesogte sportweek deel te neem.
Rugbyafrigters sluit vanjaar name in soos Vlok Cilliers, Dawie Snyman, Norman Laker, dr Ashley Ewert en Denzil Frans terwyl Sam Henery, Julie Lustgarden, Mandy McIlroy, William Eveleigh en Adriaan Basson die hokkiespelers onder hande sal neem.
Juline Rossouw sal saam met mede-afrigters in beheer van die netbalspelers se afrigting wees.
Een van die hoogtepunte tydens elke jaar se sportweek is ook die kroning van 'n Mnr en Mej Sportweek.
Dié geleentheid vind op Donderdagaand, 29 Maart, om 20:00 in die skoolsaal van Hoërskool Punt plaas.
Die finale wedstryde word op Maandag, 2 April gespeel en begin reeds om 08:00 by die Van Riebeeckstadion.
Die publiek is welkom om die spelers tydens wedstryde te ondersteun.
Daar is ook 'n snoepie by die sportgronde wat soos elke jaar deur Kenani-dienssentrum hanteer word.
Deelnemende skole
Skole wat vanjaar gaan deelneem is:
- Ben Viljoen (Groblersdal) - netbal
- Boland Landbou (Paarl) - rugby (2)
- Bonnievale - rugby en netbal
- Calvinia - rugby
- Curro Langebaan - hokkieseuns, -meisies en netbal
- Curro Mosselbaai - hokkieseuns, -meisies en netbal
- Dirkie Uys (Moorreesburg) - hokkiemeisies
- Douglas - rugby en netbal (2)
- Privaatskool Elnatan (Stampriet, Namibië) - rugby en netbal
- Ferdinand Postma (Potchefstroom) - rugby, hokkiemeisies en netbal
- Frikkie Meyer (Thabazimbi) - rugby
- Groote Schuur (Kaapstad) - rugby, hokkiemeisies en netbal
- Hartswater - rugby, hokkiemeisies en netbal
- Hoopstad - netbal
- Labori (Paarl) - hokkieseuns en -meisies
- La Rochelle (Paarl) - netbal
- Landboudal (Jacobsdal) - rugby o/16 en hokkiemeisies
- Lydenburg - netbal
- Melkbosstrand - rugby o/14, hokkieseuns en -meisies
- Oudtshoorn - hokkieseuns (2) en -meisies (2)
- Parel Vallei (Somerset-Wes) - rugby o/19 (2), rugby o/16 en netbal
- Pearson (Port Elizabeth) - netbal 2)
- Punt (Mosselbaai) - rugby o/19, rugby o/16, rugby o/14, hokkieseuns, -meisies en netbal
- Reitz - rugby
- Sao Bras (Mosselbaai) - rugby o/19, rugby o/16 en rugby o/16
- Schoonspruit - rugby en netbal
- Strand - netbal
- Swellendam - hokkieseuns en -meisies
- Volkskool (Graaff-Reinet) - netbal
- Vryburg - rugby
- Wolmaransstad - hokkiemeisies en netbal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'