MOSSELBAAI GOLF NUUS - Die laaste Sagestoernooi van elke jaar bepaal wie as IPS-kampioen van die jaar gekroon word wanneer spelers meeding om die Bertus Louwtrofee.
2019 se wenner is André Bezuidenhout van Stilbaai wat verlede Dinsdag, 26 November die Heidelberg-gholfbaan aan die brand gespeel het.
Hy is 'n 18 voorgee en sy een oor baansyfer tweede nege het hom laat eindig op 'n formidabele 44 punte. Voorwaar kookwatergholf.
Verlede Dinsdag was warm. Die kwik het op 34° gaan vashaak en oral kon jy spelers van skaduwee tot skaduwee sien beweeg. Maar dit bly 'n heerlike baan om op te speel en die spelers het die dag baie geniet. Heidelberg is ook bekend vir hul gasvryheid en na 'n heerlike ontbyt het die 43 spelers mekaar die stryd aangesê.
Uitslae
Die volledige uitslag van die kompetisie was soos volg:
- André Bezuidenhout (Stilbaai) 44;
- Jaco Swanepoel (Riversdal) 39;
- Thys Cronjé (Stilbaai) 38;
- Denzil Geldenhuys (Riversdal) 38;
- Stoffel Maritz (Mosselbaai) 38;
- Basie Nortjé (Riversdal) 37;
- Karel Lewis (Stilbaai) 37;
- Breggie Maritz (Mosselbaai) 37;
- Johan Swart (Stilbaai) 37;
- Grové Koch (Riversdal) 36.
Naaste aan die penne was Pat Tavener van Stilbaai op 2/11 en Charl Marais van Stilbaai op 5/14.
Spogtwees is behaal deur Charl Marais, Jaco Swanepoel, Fred Bull, Pat Tavener en Branco Celeka.
Baie dankie aan Jacques Becker wat alles georganiseer het en 'n groot dankie aan Anton Swsrt van JC Slagtery op Riversdal wat by al ons byeenkomste die worspryse skenk vir die naaste aan die penne.
Algemene jaarvergadering
Die Suid-Kaap Sages se algemene jaarvergadering is ook gehou en die goeie nuus is dat ons voorsitter, Grové Koch, nog sy weg oopsien om aan te gaan as leier. Die komitee bly dieselfde, behalwe vir die toevoeging van Stoffel Maritz as die nuwe verteenwoordiger van die Mosselbaai-tak.
Die Sageslede bedank die Mossel Bay Advertiser en die Forum op Riversdal vir hul beriggewing gedurende 2019 en dan wens al die lesers 'n geseënde feestyd toe. Volgende jaar skop ons af op Riversdal op 21 Januarie 2020.
Sages-wenners op Heidelberg, van links: André Bezuidenhout (met die Bertus Louwtrofee), Grové Koch (voorsitter), Thys Cronjé, Jaco Swanepoel en Denzil Geldenhuys.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'