MOSSELBAAI GHOLFNUUS - Met 'n groot aantal van die vrouelede weg na Fancourt vir 'n ander kompetisie, het net 'n klein groepie van 14 spelers die Mosselbaaibaan verlede week aangedurf vir die vroue se weeklikse gholfkompetisie.
Hulle het lustig stokke geswaai in die individuele houespelkompetisie (IPS).
Corné Marais, met 41 punte was die wenner van die dag met Gail Botha (41 punte op 'n uittel) in die tweede plek.
Corné was ook die naaste aan die pen op gat 12 (en dit met 'n knie wat opereer gaan word). Annette Meyer, die klub se inmmergroen staatmaker op 39 punte was derde.
Shirley Pressley en Shirley Greig word met hulle oorwinning op Fancourt met 'n skitterende 47 punte gelukgewens.
Die wenners van die IPS-kompetisie is, van links, Annette Meyer, Corné Marais en Gail Botha.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'