MOSSELBAAI GHOLF-NUUS - Benevolent Park se jaarlikse geborgde gholfdag vind op Sondag, 9 September op die Mosselbaai-gholfbaan plaas.
"Almal is baie welkom en word hartlik uitgenooi om ons asseblief te kom ondersteun en deel te wees van ons fondsinsamelingsgeleentheid. Daar is baie goeie en groot pryse op die spel asook 'n veiling van waardevolle items."
Die kompetisie is 'n vierbal beterbal stableford. Die koste is R300 per persoon.
Daar sal 'n ete, goodie bag en verversings verskaf word.
Vir inligtig, kontak Lizette by die Mosselbaai-gholfbaan (044 691 2379) of Margaret (084 508 2082).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'