MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Drawwers hou elke Dinsdag 'n tydtoets vanaf hul klubhuis by Diasstrand. Die tydtoets begin om 18:00. Op die laaste Dinsdag van die maand word daar 'n spesiale tydtoets gehou met gelukstrekkings. Die tydtoets is oop vir almal en nie net Hartenbos Drawwers se atlete nie. Hulle nooi alle belangstellendes om by hul tydtoets aan te sluit - jonk en oud, drawwers en stappers.
Daar is 'n 3km- en 6km-afstand. Die wat nie so fiks is nie, kan aan die 1km of 2km deelneem wat ook vir jonger kinders geskik is. Deelname is gratis.
Vir enige navrae kontak die voorsitter, Johan Viljoen (082 940 8830) of Michele Schermbrucker (082 563 1750).
Uitslae 15 Mei
3km: 1. Steven Fourie 11.05; 2. Llewellyn Viljoen 11.05; 3. Jacques Fourie 11.44; 4. Jandré Snyders 12.18; 5. Adriaan Fourie 13.27; 6. Gerard Groenewald 13.47; 7. Anna Grabe 14.40; 8. Clarissa Kleinhans 14.58; 9. Johan Grabe 15.12; 10. Zane Kruger 15.53; 11. Leann /Viljoen 16.39; 12. Wouter Pretorius 17.10; 13. Tracey van Niekerk 18.04 ; 14. Jacqueline Fourie 19.46; 15. Elsa Kapp 22.54; 16. Glen Opperman 22.54.
6km: 1. Willem Lodewyk 25.25; 2. Willem van den Waal 27.10; 3. Clem Eccles 29.30; 4. Carol Groenewald 29.41; 5. Bronwyn MacDonald 30.04; 6. Les Stuart 30.30; 7. Barend van der Merwe 33.18; 8. Rika Spang 35.00; 9. Steve Phelps 36.32.
Uitslae 23 Mei
1.5km: 1. Ané Otto 8.08.
2km: 1. Miekke Scholtz 9.55
3km: 1. Adriaan Fourie 12.07; 2. Lean Otto 12.26; 3. Clem Eccles 13.18; 4. Anna Grabe 14.01; 5. Johan Grabe 14.17; 6. Diaan Oosthuizen 18.32; 7. Laura Oosthuizen 18.32; 8. Annelie Grabe 19.58; 9. Elsa Kapp 23.23; 10. Glen Opperman 23.23.
6km: 1. Willem van den Waal 26.01; 2. Andy Cupido 30.07; 3. Johan Viljoen 32.36; 4. Carel Cornelius 32.36; 5. Steve Phelps 36.24.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'