Video
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-laerskoolatlete het gister, 21 Maart, reeds 'n reeks medaljes by die SA Atletiek in Gauteng ingepalm. Dié byeenkoms duur vandag voort.
Tyroyd Arendse van Diaz Primêr het 'n goue medalje in die 800m gewen terwyl Jordan Sydon van Laerskool Park ook 'n goud in die 80m hekkies gekry het.
Miguel Prins, ook van Park, het 'n tweede plek in die 80m hekkies gekry.
Jessica van Zyl van Milkwood Primêr het ook 'n silwermedalje verower met haar puik prestasie in gewigstoot.
Enige ouers of skole wat graag leerders se prestasies met Mossel Bay Advertiser wil deel kan inligting en foto's na linzetta@groupeditors.co.za stuur.
Miguel Prins by 'n vorige byeenskoms.
Jessica van Zyl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’