MOSSELBAAI NUUS - Die eerste Mosselbaai-marathon het vanjaar as deel van die Mosselbaai Sport- en Rekreasiesfees plaasgevind.
Die organiseerders sê die marathon het altesaam 820 inskrywings vir die 5 km, 10 km, 21,1 km en 42,2 km gehad.
"Ons glo die weervoorspelling het 'n groot rol gespeel, want sowat 120 atlete het nie vir hul onderskeie wedlope aangetree nie."
Atletiek SWD het die Mosselbaai-munisipaliteit, die direkteur van gemeenskapsdienste, Elize Nel, en haar departement, Mosselbaai-toerisme, provinsiale verkeer en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, sakeondernemings, klubs en elke beampte wat tot die sukses van die marathon bygedra het, bedank.
Nel het self ook deelgeneem en haar eerste 10 km-stap voltooi.
"Die marathon was 'n reusesukses. Die vibe was ongelooflik lekker en die atlete het baie daaroor gepraat. Ook oor hoe goed georganiseerd dit was. Ek het atlete vanaf Kimberley, Upington, Tzaneen, Port Elizabeth, Johannesburg en Pretoria gesien, en dan baie vanaf Knysna, Sedgefield, George, Oudtshoorn en Kaap se kant toe. En natuurlik heelwat plaaslike deelnemers," het sy gesê.
Die volledige uitslae is op die Atletiek SWD-webblad, www.aswd.co.za, beskikbaar.
Die organiseerders sê hulle sien daadwerklik uit na die 2027 Mosselbaai-marathon, wat meer atlete na hierdie onbeskryflike mooi natuurskoonroete sal lok.
Uitslae
10 km
Ope, mans
- Dian Barkhuizen (32:57)
- William van Tonder (33:05)
- Khanyiso Pietersen (33:19)
Ope, vroue
- Jandri Snyders (38:43)
- Ashrica Booysen (43:48)
- Mary-Lee Botha (45:16)
21,1 km
Ope, mans
- Lloyd Bosman (1:13)
- Bruce Maboza (1:14:37)
- Akeen Wilson (1:15:04)
Ope, vroue
- Carla Spannenberg (1:25:27)
- Minke Lotter (1:28:11)
- Annari Donald (1:34:39)
42,2 km
Ope, mans
- Selwyn Matthews (2:42:03)
- Awonki Komani (2:42:45)
- Christiaan Blaauw (2:50:48)
- Carlu Pienaar (2:53:15)
Ope, vroue
- Theresa Buchner (3:17:44)
- Allison Nel (3:23:53)
- Jeanetta van den Berg (3:24:58)
- Cindy van Zyl (3:35:42)
Die 42,2km was ook Atletiek SWD se kampioenskappe, en dié se resultate was soos volg:
Senior mans
- Selwyn Matthews
- Awonki Komani
- Geen
Senior vroue
- Nadia Roets
- Andani Makhale
- Simone Lucas
40+ mans
- Carlu Pienaar
- Mario Meyer
- Jaco Minnie
40+ vroue
- Allison Nel
- Jeanette van den Berg
- Katy Scholtz
50+ mans
- Arno du Plessis
- Alfred Nise
- Bilal Ahad
50+ vroue
- Carol Groenewald
- Roberta Storbech
- Geen
60+ mans
- Dawie Zwiegelaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’