HARTENBOS NUUS - Te oordeel aan die Hartenbos Drawwers se vrolike gekuier op die afgelope Saterdag tydens hulle jaarlikse goodie bag-funksie ter voorbereiding van die Comrades-marathon, sou mens dink dit is 'n wedloop wat sommerso -lag-lag kafgedraf word.
Vanjaar neem 26 lede van die klub deel, waaronder twee groentjies wat die marathon vir die eerste keer sal aanpak.
Daar is ook drie getroude pare in die klub wat die marathon saam aanpak.
Tydens Saterdag se funksie by die Hartenbos Seefront, het Springbok-atleet Peter Veysie die klub toegespreek en kort-kort aan die lag gehad met sy kwinkslae.
• Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser.
Hartenbos Drawwers se lede wat deelneem aan die Comrades-marathon vanjaar. Slegs enkele deelnemers kon nie die naweek se jaarlikse goodie bag-funksie bywoon nie. Foto: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'