SWELLENDAM NUUS - ’n Middeljarige man van Swellendam is Maandagmiddag 11 Junie net na 12:30 noodlottig beseer toe ’n vragmotor oor hom gery het.
Adam Bezuidenhout (46) was op sy fiets toe hy verby ’n stilstaande voertuig gery het.
Na bewering het die bestuurder die deur oopgemaak en hom omgestamp, waarna die munisipale vragmotor oor hom gery het.
Hy is op die toneel deur ambulanspersoneel dood verklaar.
Beide bestuurders was erg getraumatiseer op die toneel.
Lees meer op ons susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Karoo, Tuinroete nuus'